Click here for the English version

Tuisblad      Meer Oor AgriBSA      Nuus      Tegniese Dokumente      Skakels      Kontak Ons 

   
 
HerdMASTER Breedplan Internasionaal GeneSTAR GeneSTAR Internasionaal Dairy Express EquiMaster Quickbooks
 
 
 

HerdMASTER™ - SUIDER AFRIKA SE VOORSTE KUDDEBESTUURSPROGRAM *

HerdMASTER Inleiding      Handleiding      Pricelist      Dokumente      Crush Side Recording Utility      Frequently Asked Questions

 

Hierdie kuddebestuur program is 'n essensiële hulpmiddel vir elke groot- en kleinveeprodusent!!

 
 

Since the beginning of 2011 over eight hundred users have upgraded to the new HerdMASTER 4. It's been a massive undertaking and the HerdMASTER team has so far held over 20 courses to ensure a smooth transition and to get users up and running. Check here for the next course

HerdMASTER 4 has the following features:

  • A cleaner interface throughout. Loading new calves for e.g. is a  lot easier as it uses mating's to achieve this ensuring that reproduction records are updated at the same time.

  • Ability to update itself from the webserver (no more CD's need to be sent as your version is now always updated). Producer requests are easily incorporated at the same time.

  • Days to Calving (DTC) recording forms a significant part of the upgrade.

  • Reports are easily changed on the fly. HerdMASTER has used a new, modern SQL database that allows reports to be created a lot easier. The new database is also a major improvement from the old database.

  • Lots of new functionality; for example Visual farm (downloaded from Google maps), new reports, inbreeding functionality in the matings option, updated crush side recorder, update to mobile version and a whole lot more.

 

Jan van Zyl
Een van Suider Afrika se grootste stoet & kommer-siële telers en SA Stoetteler van die Jaar 2008 Brahman

“HerdMASTER is beslis die beste kuddebestuurs-program wat ons nog ooit gebruik het. Die ondersteuning wat ons kry kan net as uitstaande beskou word en alle geboortes sowel as gewigte word elektronies na die Genootskap gestuur” 

Llewellyn Angus
Simmentaler & Simbra teler en SA Stoetteler van die Jaar 2004


“HerdMaster is gebruikers-vriendelik. ‘n Magdom inligting is tot my beskikking.  Selfs teelwaardes kan oorgelaai word en is dan geredelik beskikbaar. Die Genootskap verwerk al die data wat ek aan hulle verskaf in ‘n japtrap!”

Ferdie Naude
Stoetteler van die Jaar 2007
Brangus




“Ek doen alles met die program, selfs die stuur van geboortes en gewigte na die Genootskap.  Die tegniese ondersteuning is wonderlik, en hulp is altyd beskikbaar.”

John Devonport
Stoetteler van die Jaar 2006
Limousin




“HerdMASTER se verslae help om ingeligte besluite te neem.  Met ’n een bladsy- verslag kan jy dadelik jou kudde se vrugbaarheid en prestasie sien, en daarvolgens die regte besluit maak. Ek sal enige tyd hierdie program aanbeveel vir enige teler van ‘n stoet of kommersiele kudde.”

Diethelm & Katja Metzger van Namibië
Het een van die grootste Simbra stoeterye in die wêreld


“Boerdery is ‘n besigheid, en tyd is jou waardevolste hulpbron. Dit is presies waar HerdMASTER inkom. Ons sou nooit ons Kamab- Simbra stoet effektief sonder hierdie waardevolle hulpmiddel kon bestuur nie. Nie net word jou tyd ge-optimal seer nie, maar jy het waardevolle seleksie kriteria tot jou beskikking met die druk van 'n knoppie."

 

*HerdMASTER Suider Afrika het ‘n weergawe vir stoet en kommersieel, bees- en kleinveeprodusente, asook ‘n sakrekenaar weergawe! HerdMASTER is as ‘n praktiese program ontwerp vir alle vlakke van rekenaargebruikers!

 

Hoekom moet jy HerdMASTER as ‘n kuddebestuursprogram oorweeg?

HerdMASTER haal die rompslomp uit kuddebestuur-
  administrasie

HerdMASTER is ‘n volledige kuddebestuurprogram
Dit het meer as 60 verslae en laat jou toe om jou stoet- sowel
  as kommersiële kudde op ‘n professionele wyse te bedryf.

 

Die rol van die beesboer het wesenlik oor die afgelope dekade verander.

Vandag vereis die kommersiele bulkoper prestasie syfers. Die bekende Amerikaanse vleisbeeskundige, Clifford Mitchell, het onlangs die volgende stelling in een van die Amerikaanse vleisbeestydskrifte gemaak:  “Working smart, trumps working hard. We simply have to have records. We need to know what each cow is doing for us. Treat them like employees and give them a yearly exam to decide if you want to keep them employed or not”.

Hoe anders selekteer jy jou koeie vir vrugbaarheid sonder ‘n goeie kuddebestuurprogram?

 

HerdMASTER is:

Aanpasbaar - hou tred met verandering van tegnologie soos
  die behoeftes van verbruikers verander

Voltydse ondersteuning beskikbaar vanaf
  ondersteuningspersoneel en programmeerders

Ten volle versoenbaar met die Registrasieprogramme van JOU
  genootskap

Bestuur van meer as een kudde vanuit dieselfde program

 
Met HerdMASTER is dit baie maklik.  

Die program hou 'n volledige inventaris van alle diere op die plaas.  As beesboer het jy ook vir die eerste keer volledige beheer van jou rekordhouding. Ander voordele van 'n kuddebestuursprogram is:

•    Behou 'n volledige databasis van alle diere op jou plaas
    (stoet sowel as kommersieel) 
•    Kry voltydse ondersteuning
•    Meer as 60 verslae asook eie kraalkaart verslag
•    Integrasie met meeste elektroniese skale
•    Stuur alle geboortes asook gewigte elektronies na die
     kantoor
•    Die program is ook 'n Breedplan produk.  Dit word dus goed
     ondersteun en wêreldwyd gebruik.

 
Ondersteuning - Die nuwe aanlyn SOS-stelsel
 

Die SOS bladsy is geskep vir gebruikers vir toegang tot tip sheets, verslae & opdaterings.  (http://saltbush.une.edu.au/SOS2/default.aspx)

Daar is ook ‘n ingeboude funksie wat toelaat dat ondersteunings-personeel leers kan oplaai vir gebruikers om af te laai, soos bv. ‘n rugsteunlêer wat reggemaak is of ‘n nuwe verslaglêer wat genereer is.

Personeel kan ook gebruikersboodskappe vir gebruikers byvoeg sodat dit slegs verskyn aan die spesifieke gebruiker vir wie die boodskap bedoel is.  Omdat baie van ons gebruikers stadige internetkonneksies het en beperkings op die grootte van epos aanhangsels, het ons ‘n seksie bygevoeg waar gebruikers wat oplaai-toestemming het, leers tot met ‘n grootte van 20 MB kan oplaai op die ‘server’.

Ander funksies kan ook soos in die toekoms nodig mag wees, opgelaai word.

 
Pocket PC Weergawe Beskikbaar *
 

Die "HerdMASTER Pocket" is heeltemal oorgeskryf en is maklik om op selfone wat die Windows bedryfsisteem het, te installeer.

"HerdMASTER Pocket" is ontwerp om gebruikers te voorsien van 'n draagbare weergawe van hul HerdMASTER data met soveel moontlike besonderhede op wat so 'n draagbare toestel kan hou.

Die volgende inligting kan tussen HerdMASTER en "HerdMASTER Pocket" gesinchroniseer word:
•  Diere: Gewigte; Eienskappe; Prosedures; Bewegings; Stambome; EBVs; Parings; Foto's; Notas

•  Kontakte: Kliënt Info; Kontak Info; Notas; Kommentaar

 

 

Vir enige navrae oor HerdMASTER kontak ons by 012-667 5258 of e-pos by herdmaster@agribsa.co.za

 
     

© 2005 - 2011      Agricultural Business South Africa (Pty) Ltd (2002/032134/07)      Terme & Voorwaardes      Webblad ontwerp deur 123 Internet